Master Of The Wind
Danie Botha
3:08Hoeveel keer was jy al verlore En het jy stil gaan staan? Hoeveel keer het jy al vas besluit En dié keer sal ek gaan? Maar elke keer was die omdraai weer net pure skyn Omdat jy nie jou kruis wou dra nie Het die vreugde weer verdwyn Weer verdwyn Gou verdwyn Omdat jy nie jou kruis wou dra nie Het die vreugde weer verdwyn Jy was toe weer verlore Jy't weer in die stof gelê Maar later het jy weer opgestaan Vir God weer ja gesê Maar ook dié keer was die omdraai Weer van korte duur As jy die eerste tree nie gee nie Verloor jou hart maar weer die vuur Verflou die vuur Jou hart se vuur As jy die eerste tree nie gee nie Verloor jou hart maar weer die vuur Voel jy dalk nou weer verlore? Maak jou hart dan nou weer oop Besluit net om dié keer die regte pad na die Here toe terug te loop En as jy dan nou omdraai Moet jy hier en nou besluit Dat jy jou kruis vir God sal dra En sal loop teen die steiltes uit Die steiltes uit Jy moet besluit Dat jy jou kruis vir God sal dra En sal loop teen die steiltes uit Die steiltes uit Ek het besluit Dat ek my kruis vir God sal dra Teen die lewe se steiltes uit