Nykie
Refentse
3:20Lalie, jy't vir my gesê Solank soos die lepel in die pappot lê Solank soos Ouma nog kleinkinders wil hê Sal jy my by jou laat lê Lalie, nou's dit donker maan En daar's goed wat ek nie kan verstaan Wat nou gebeur het was mos nooit ons plan Lalie, jy weet jy erf my van Lalie, amper is nie stamper En wie dra nou jou yellow jumper? Daar's 'n nuwe sticker op jou bumper Daar's 'n ander ou wat jou nou pamper, pamper Jou boyfriend dra jou rose aan Maar roosblare sal gou vergaan En stadsgedruis mos straks verslaan Soos seker soos die lepel in die pappot staan Ek sien jou Sondags op die stoep Ek weet jy, jy hoor die dorpseuns roep Lalie, Lalie ,kom tog terug True love is duur om te koop Lange nagtes jy afford En lange dae wat weke word Ons pap begin't al koud word in die pot Lalie, life is gans te short Lalie, kom terug na die veld toe Stuur hom terug na die land van geld toe Ek was van toeka af jou held toe Lalie, stuur hom na sy hel toe Lalie jy't vir my gesê Solank soos die lepel in die pappot lê Solank soos Ouma nog kleinkinders wil hê Sal jy my by jou laat lê