Vuurklip

Vuurklip

Richard Van Der Westhuizen & Lochner De Kock

Альбом: Vuurklip
Длительность: 4:47
Год: 1998
Скачать MP3

Текст песни

En wanneer sal die klip ouer as die moeë aarde
Swyg saam met draer van die woord
Tempels van vergange tyd
Die oerou stilte van mellenia se heilig eed verbreek
Stemlose draer van die still ballade
En wanneer sal die mure om die stad van waansin
Woordloos teen verwyt
Weer tot stof verbrokkel na benede stort
Draer van die oergeheim

Om deur die water en die wind
Oorsprong van die mens se pyn
En tonge van die vuur
En sou ons deur die waarheid stap
Gesuiwer rotsvas uit te troon
En sou ons dan die klip kon tap
Bo hierdie klein bestaan
Sou ons eendag helder weet

In die swoolbaarmoeder van haar
Van die bloed
Ons aardse moeder lê die rots en wag
Van die klip
‘n Blinde argenoot op reis
Van die sweet
Na nerens om deur die warmwit vuur gestut

Van die wind
Deur volkaan die donker leviathan
Van die goed
Uitgespoeg te word
Van die weet
As klippe

En ons stap voort
En ons pleeg moord
En ons weet
Klip moet sweet
Maar die klip lê doodstil
En die klip bly tjoepstil
Want hy weet
Want hy weet

'n Maal die warm magma uit die donker aarde uit
En sien die strome lava soos die rots se sere ontsluit
Kruip weg rots die warm rots
Daar’s niks op hierdie aarde wat klip en vuur kan skei

Die delwers grou hul gate
Om soos molle daar te kruip
En strompel onder rotse
Ruk en plooi vir hulle pleit
Die vuur brand wit
Diep in die klip
Niks op hierdie aarde sal klip en vuur ooit skei