Gym Of All Nations
Robbie Wessels
3:24By Bronkhorstspruitdam waar die visserman kamp Moet jy mooi oplet waar die lyne lê Voor jou boot se propeller dalk ‘n vislyn hak En jy te doen kry met ‘n man Wat nie slaap in die nag nie wat nog vroegdag kyk Of sy poliesman lig of sy dobbertjie duik Of sy kiepnet leeg is en sy brandewyn vol dis vir hom wat jy moet watch Dis vir hom wat jy moet hol Ek’s ‘n papgooier ek’s ‘n man wat kan Ek’s die burgermeester van Bronkhorstspruitdam Ek het lank gewag dat die seisoen moet draai Dat die karp weer loop hier by Bronkhorstbaai Maar die barbers en die krappe bly my aas af kou Oh ek het nie meer geduld nie en ek mis my vrou Ek gaan huistoe Nou die beste dinge hier by Bronkhorstspruitbaai is slalem ski en lekker vleis braai Maar die reel by die waters as die son gaan sak moet jy tjoepstil bly Want as ‘n vis dalk hak Moet iemand altyd reg wees en die skiepnet hou Want die grote kom net eenkeer en hy kom dalk nou Toe daar wragtig ‘n skiër oor die lyn kom trip met ‘n karp aan die hoek En die visserman strip Ek’s ‘n papgooier ek’s ‘n man wat kan Ek’s die burgermeester van Bronkhorstspruitdam Ek het lank gewag dat die seisoen moet draai Dat die karp weer loop hier by Bronkhorstbaai Maar die barbers en die krappe bly my aas af kou Oh ek het nie meer geduld nie en ek mis my vrou Ek gaan huistoe Nou die grootste vyand hier in Papgooiervlei is die dampolisie en jetski ry Vir altwee van hulle moet die papgooier wys Vir jou is ons nie bang nie Ons skrik nie vir ‘n muis Want die dampolisie het ‘n papgooier reel As jy ‘n jetskier hak moet jy al jou vleis deel met die res van die dam van oud tot jonk Tot daardie mense Begin oppak Ek’s ‘n papgooier ek’s ‘n man wat kan Ek’s die burgermeester van Bronkhorstspruitdam Ek het lank gewag dat die seisoen moet draai Dat die karp weer loop hier by Bronkhorstbaai Maar die barbers en die krappe bly my aas af kou Oh ek het nie meer geduld nie en ek mis my vrou Ek gaan huistoe En as die laaste skippers hulle bote hak Kry die papgooiers vir oulaas twak As al die walms van die engines op die horison hang En die reuk in die lug hulle neuse vang En as die stilte uiteindelik op die dam kom lê Sê die ou papgooiers hulle laaste sê En word die kinders stilgemaak moet in die tent gaan lê dat die grootmense Kan visvang Ek’s ‘n papgooier ek’s ‘n man wat kan Ek’s die burgermeester van Bronkhorstspruitdam Ek het lank gewag dat die seisoen moet draai Dat die karp weer loop hier by Bronkhorstbaai Maar die barbers en die krappe bly my aas af kou Oh ek het nie meer geduld nie en ek mis my vrou Ek gaan huistoe Ek’s ‘n papgooier ek’s ‘n man wat kan Ek’s die burgermeester van Bronkhorstspruitdam Ek het lank gewag dat die seisoen moet draai Dat die karp weer loop hier by Bronkhorstbaai Maar die barbers en die krappe bly my aas af kou Oh ek het nie meer geduld nie en ek mis my vrou Ek gaan huis toe Ek gaan huis toe Ek gaan huis toe O ek gaan huis toe