Andante Andante
Rudi
3:49Die golwe weet waar breek die branders Hulle dink hulle's vry Die wolke wentel in die hemel maar Op die winde moet hul ry Dis vroeg in die dag, op Blouberg se strand Die wind gaan nog waai, die son gaan nog brand Maar dis koel na die lang nag En ons groet die dag Goeie môre my sonskyn Goeie môre my kind Kom ons draf langs die strand Kom ons ry op die wind Die sand sal ons skroei En die strale sal brand Maar dis vroeg in die dag Op Blouberg se strand My pa sê my kind, ons moet swart mossels vind Ek is lief vir die see, ek's lief vir my kind Ja dis koel na die lang nag En ons groet die dag Ek het ‘n huisie by die see, dis nag Ek hoor aaneen, aaneen, die golwe slaan Teenaan die rots waarop my huisie staan Met al die oseaan se woeste krag Ek hoor die winde huil, ‘n kreun, ‘n klag Soos van verlore siele in hul nood Al dwalend, klagend, wat in graf en dood Geen rus kon vind nie maar nog soek en smag My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig Ek hoor dan maar die storm daar buite Ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite Hier binne is dit veilig, warm en dig Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan Dit is ‘n rots waarop my huisie staan Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan Dit is ‘n rots waarop my huisie staan Dit is ‘n rots waarop my huisie staan