Vêr
Spoegwolf
4:20Ons teken 'n huis op folio My liefling, hoor jy hoe die mure om jou draai? Nou dat ons saam en gelukkig is Sien ek ook ons het toe die nag verraai Moenie daarna kyk nie Ons fok voort Ons sal wees waar ons hoort En al daai wonde Al daai swaar herinneringe Word laglyne Ons jag die son met skietgebede My liefling, sien jy hoe die Here om ons reën? Nou dat ons saam deur die ergste is Hou ek 'n beeld van jou in sout en seer Moenie daarna kyk nie Ons fok voort Ons sal wees waar ons hoort En al daai wonde Al daai swaar herinneringe Word laglyne Sal die vlam nog aanhou brand? Ek’s fucked-up maar ek brand met jou Wat ons mekaar belowe het Daai gif is sterker as die angel van die dood Ons kan niks met ons saamdra nie Maar ons bloei na mekaar, verlange in die stroom Moenie daarna kyk nie Ons fok voort Ons sal wees waar ons hoort En al daai wonde Al jou swaar herinneringe Word laglyne op jou wange Original Song & Lyrics by Danie Du Toit. Music Written & Arranged by Spoegwolf. © Spoegwolf (PTY) LTD, 2022.