Huisie In Die Reën
Spoegwolf
4:34Hey daar my broer Jy’t probeer maar nou’s jy dood Wat bly oor? As ons loop Jou bliksemlig slaan Vir oulaas vanaand op die sand En ek voel nog jou syn Ons is almal nog lief vir jou Ons het agter gebly Ek probeer net onthou Of ek iets was vir jou Voor die vlug Hey Gerrit Brand Jou seun is nou 'n man Ons het vanaand op hom gedrink Daar’s iets in sy oë Wat ek al hoe meer glo Is jy Net daar waar sy val Dryf sy rustig onbewus van die branders Teen die dam wal of hoe dit storm teen die rand Die golwe van haar duikslag tref onverwags die strand In 'n warrel vet en vuur, water spoel en mure van Ons hemel huisie moer toe soos die steeltjies in die sand Hey Danie, jy moet jou gaan uitleef Jy dink jy verdwaal Maar ons kan net een rigting val