Die Mense Op Die Bus
Tasha
2:52Ek weet al lankal hoe ek voel Maar as ek daaroor dink is daar te veel twyfel En jy sê al lankal wat jy bedoel So sê my wat jy dink van die gevoel? Want ek sal vir jou wag soos winter vir Junie En ek sal jou mis soos die son vir die maan Ek kan nie wag om jou onder die reën te soen nie En met jou dans tot ons altwee vergaan Tot ons altwee vergaan Elke keer voel dit of weerlig slaan Soos die eerste keer wat jy by my staan En ek hoop ek sien jou weer vanaand Maar as jy dit dalk mis sal ek verstaan Want ek sal vir jou wag soos winter vir Junie En ek sal jou mis soos die son vir die maan Ek kan nie wag om jou onder die reën te soen nie En met jou dans tot ons altwee vergaan Tot ons altwee vergaan Reënweer, hartseer, ek is daar Steel my asem soos ek val Ek gee jou als van my, jy't my mal So sê my wil jy ook val? Want ek sal vir jou wag soos winter vir Junie En ek sal jou mis soos die son vir die maan (Ek kan nie) Ek kan nie wag om jou onder die reën te soen nie En met jou dans tot ons altwee vergaan Tot ons altwee vergaan Reënweer, hartseer, ek is daar (Ek is daar, ek is daar)