Namibsroos
Theuns Jordaan
4:54Ek sien dit lankal aankom Maar my hart, verklaar my stom Sy snare in die reën trek krom Want krakies kraak Al is hulle goed vermom Want 'n gaatjie wat lek, word 'n gat 'n Storm in 'n wynglas sal spat Nou's my spore net stof langs die pad Want die hakies aan my hart is te swak Ja, die hakies aan my hart is te swak Elke keer het ek gedink dit sal kwyn Maar die ligte het net rooier geskyn En die hoop het met die kere verdwyn Want my hart, het ook maar 'n buitelyn Want 'n gaatjie wat lek, word 'n gat 'n Storm in 'n wynglas sal spat Nou's my spore net stof langs die pad Want die hakies aan my hart is te swak Ja, die hakies aan my hart is te swak Nagte dwaal ek in die strate rond Wat het dan van ons geword? Ek luister met 'n leë mond Soekend na, net 'n plekkie vir my woorde stort Want 'n gaatjie wat lek, word 'n gat 'n Storm in 'n wynglas sal spat Nou's my spore net stof langs die pad