Tien Duisend Myl (10 000 Miles)
Virginia Lee
2:55My hart verlang na die stilte Van die wye wywende veld Ver van die stadsgeluide En die klinkende klank van geld Ek is moeg vir die rustelose lewe Van mense wat kom en gaan Wil terug na die vrye ruimte Waar 'n siel in woon wat verstaan O ek sien weer die son op die velde En die ewige blou daarbo En my hart skiet vol van heimwee En my drome swem in my oë En my hart skiet vol van heimwee En my drome swem in my oë Ek sien weer die ylbloue berge Daar ver oor die westere kring En wonder nie meer waarom weemoed So sag uit my liedere klink Klim daardie grys lugbome Waar die son in die weste kwyn Want o ek verlang na die velde Na die ewige sonneskyn Na die ewige sonneskyn