Notice: file_put_contents(): Write of 664 bytes failed with errno=28 No space left on device in /www/wwwroot/muzbon.net/system/url_helper.php on line 265
Virginia Lee - My Dagboek | Скачать MP3 бесплатно
My Dagboek

My Dagboek

Virginia Lee

Длительность: 3:11
Год: 1965
Скачать MP3

Текст песни

(Ek sit alleen in my kamertjie)
(Voor my lê my dagboek)
('n Boekie vol met herinneringe)
(Sommige is heel fyn)
(Maar ander is heel verdrietig)

Ons kleine verhaaltjie begin al te goed
Ek het jou die oggend een Maandag ontmoet
Toe was daar nog blydskap in oorvloed
Dit staan in my dagboek te lese

Jou soentjie op Woensdag so sag en so teer
My hart was vol liefde, ek het jou begeer
En ek was verlief vir die eerste keer
Dit staan in my dagboek te lese

Waarom, ag waarom is ons weg van mekaar?
Waarom moes ons skei?
Waarom is alles klaar?

Waarom, ag waarom is ons liefde verby?
Wat so mooi was vir jou
En vir my

Omdat jy op Sondag by ons sou kom bly
Het ek 'n satyn rok van Moeder gekry
Sy gun net altyd die beste vir my
Dit staan in my dagboek te lese

Die Vrydag te voor kry ek woorde met jou
En daaroor kry ek te laat berou
Want ek was nog altyd so lief vir jou
Dit staan in my dagboek te lese

Waarom, ag waarom is ons weg van mekaar?
Waarom moes ons skei?
Waarom is alles klaar?

Waarom, ag waarom is ons liefde verby?
Wat so mooi was vir jou
En vir my
Wat so mooi was vir jou
En vir my