Tien Duisend Myl (10 000 Miles)
Virginia Lee
2:55Waar sterretjies kwyn in die stil somer nag Waar soetwindjies waai sit ek eensaam en wag Ek weet dis vergeefs, hy sal nooit weer terug kom En tog sal ek altyd getrou bly aan hom So wit soos die lelie wat groei in die vlei So skoon is die liefde wat daar wag vir my Die lied in my hart klop so wild en so vry Want nooit sal ek ooit van my liefling weer skei Lank het ek geswerwe, groot was my berou Want ek het 'n ander gekies bokant jou Maar nou keer ek terug om jou hart te oorwin Want ek het nog altyd net een man bemin So wit soos die lelie wat groei in die vlei So skoon is die liefde wat daar wag vir my Die lied in my hart klop so wild en so vry Want nooit sal ek ooit van my liefling weer skei Daar naby die stroompie sal ons twee ontmoet En soet vloei die heuning as ek hom weer groet Deur groen eikeland loop ons twee hand aan hand Wyl die maan skelm loer oor 'n verre blou rand So wit soos die lelie wat groei in die vlei So skoon is die liefde wat daar wag vir my Die lied in my hart klop so wild en so vry Want nooit sal ek ooit van my liefling weer skei