Notice: file_put_contents(): Write of 653 bytes failed with errno=28 No space left on device in /www/wwwroot/muzbon.net/system/url_helper.php on line 265
Zinkplaat - Krismis In Kampala | Скачать MP3 бесплатно
Krismis In Kampala

Krismis In Kampala

Zinkplaat

Длительность: 3:53
Год: 2007
Скачать MP3

Текст песни

Ek vang 'n veldtie onder 'n piesangboom terwyl die volmaan deur my neusgate stroom
En daar's 'n Knapsekêrel in my broek se soom en 'n swart Kersvader in my Bethlehem droom

En ek is lus vir 'n lekker dis
Vir Bullybeef of 'n blikkie vis en ek dink vanaand aan almal wat ver is
Dis Krismis in Kampala
Di'was Krismis in Kampala

Vuurvliegie flikker hier en daar iewers tussen my en die ewenaar
En my hart is lig, my gemoed is swaar, ek's in Afrika en dis donker daar

En ek is lus vir 'n lekker dis
Vir Bullybeef of geblikte vis en ek dink vanaand aan almal wat ek mis
Dit was Krismis in Kampala
Di'was Krismis in Kampala

Ons speel toe sokker teen 'n plaaslike span daar iewers in die middel in die hart van Uganda
En ek weet vandag is een van daai dae wat my kinders gaan vra
Vertel ons pa van daai Krismis in Kampala

Van daai Krismis in Kampala
Van daai Krismis in Kampala

Van daai Krismis in Kampala
(Daar was 'n longdrop, maar dié het 'n klankie toe staan ek maar op)
(En sê dankie vir hierdie lewe, hierdie avontuur vir toiletpapier en Afrika bier)
Di'was Krismis in Kampala
(Daar was 'n longdrop, maar dié het 'n klankie toe staan ek maar op)
(En sê dankie vir hierdie lewe, hierdie avontuur vir toiletpapier en Afrika bier)
Dit was Krismis in Kampala