Loslappie
Die Gaskunstenaars
3:41Vêr onder druis die stadsgeluide Die hart van Hillbrow wat flink aanstap Straatpredikante En die Hare Krishna profete Groot rooi bus snork verby En die laataand koerantverkopertjie skreeu Die meganiese Grammadoela oerwoud Hysbakke gly op en af Die Blitspatrollie skeur deur die nag En ek sit op die Hillbrowtoring en ek wag vir sonop En ek skryf 'n brief vir Simone Ek wil jou hê, Simone Ek wil jou hê, Simone Ek wil jou hê (Simone) Simone Meisies van die aand wink Straatmusikant se hoed lê honger en wag Om silwer munte van die verbygangers op te vang 'n Blinde met 'n wit stok strompel En die kunsgallery se gaste sien hom nie Hul oë volg die art nouveau van die Artes Later dra die digter voor T.S. Eliot en hy versmoor die kuns Maar ek sit op die Hillbrowtoring en ek wag vir sonop En ek skryf 'n brief vir Simone Jou glimlag was vol deernis Jy't my oneindige argumente beluister Met Die Siener En die leiers van die kultuur Hul redenasie oor reïnkarnasie Sosialisme, sport en oor die digkuns En of die hele wêreld dalk verkeerd is Jy soen my toe ons huis toe ry En die gaste smoorkwaad agterbly En nou ek sit op die Hillbrowtoring en ek wag vir sonop En skryf 'n brief vir Simone Ek wil jou hê, Simone Ek wil jou hê, Simone Ek wil jou hê (Simone) Simone Onthou jy St Markus in Venesië? Die duiwe wat my jas toesak Jy't gelag en gesê ek lyk vir jou soos Johannes Die Doper Ek het gesê kuns het mos geen grense Jy't my reggehelp en gesê as gevolg van die samelewing Is die kuns mos gebonde Maar ons was jonk verliefdes toe Jou skip het om die punt geseil En ek sit op die Hillbrowtoring en ek wag vir sonop En skryf 'n brief vir Simone Jou handskoen in die stormwater Die noordewind ysig in ons hare Herinnering is soms Net die Freudiaanse insekuriteit Want Katryn, Katryntjie, my wintervrou Al my liedjies was net vir jou My verse naïef Maar hart oppie mou En nou weet ek die donkietjie Se hart verlang na jou Maar hy sit op die Hillbrowtoring en wag vir sonop En skryf 'n brief vir Simone Ek wil jou hê, Simone Ek wil jou hê, Simone Ek wil jou hê (Simone) Simone