Notice: file_put_contents(): Write of 650 bytes failed with errno=28 No space left on device in /www/wwwroot/muzbon.net/system/url_helper.php on line 265
Glaskas - Ps!3S (Science) | Скачать MP3 бесплатно
Ps!3S (Science)

Ps!3S (Science)

Glaskas

Длительность: 4:45
Год: 2006
Скачать MP3

Текст песни

Ek soek nie na die plek
Sonder reëls nie
Ek soek net na die plek
Sonder doellose grense

Dis nie asof ek nie omgee nie
Maar ek gee net om
Oor dit wat saak maak

Daar's so baie goed wat saak maak
En daar's so baie
Idees wat in mense se gedagtes brand
Waarvan niemand ooit sal weet nie

Daar's so baie goed wat saak maak
En daar's so baie
Idees wat in mense se gedagtes brand
Waarvan niemand ooit sal weet nie en

Ek sal jou so graag wil vertel
Van die plekke wat ek in my gedagtes sien
Maar dis nie plekke wat bestaan uit
Wind en water en vuur en sand nie
Dit bestaan nie uit
Wind en water en vuur en sand nie

Somtyds voel my drome
So nutteloos

Maar so baie drome
Gaan vêrder
As die sterre

En het jy al ooit gedink
Hoe groot is ons wêreld
As jy ons almal se drome
Aanmekaar weef

Daar's so baie mense wat wegkruip
En daar's so baie drome
Wat middeldeur breek

En daar's so baie mense wat wegkruip
En daar's so baie drome
Wat middeldeur breek

Ek sou jou so baie graag wou vertel
Van die plekke wat ek in my gedagtes sien
Maar dis nie plekke wat bestaan uit
Wind en water en vuur en sand nie
Dit bestaan nie uit
Wind en water en vuur en sand nie

En somtyds
Voel ek
Net so hulpeloos
Ek voel hulpeloos
En somtyds
Voel ek
Net so hulpeloos
Ek voel hulpeloos
Hulpeloos

En ek sou jou so graag wou vertel van die plekke
Wat ek in my gedagtes sien
Maar dis nie plekke wat bestaan uit
Wind en water en vuur en sand nie
Dit bestaan nie uit
Wind en water en vuur en sand nie

En ek sou
So graag wou hê
Dat jy moet sien hoe lyk die woorde wat jy sê
Wanneer hulle met my gedagtes speel