Verloor Myself
Glaskas
3:54Dis hoogtyd Vir 'n donderstorm uitbarsting Na die onhanteerbare hitte Maar ek is bang Om weer te kom Tot my sinne Want jou woorde van gistr'aand Dring my hart Steeds stadig Maar veels te seker binne Ek droom, droom, droom terwyl ek soek na jou Ek Soek na jou En ek soek Net 'n bietjie Verligting Want my hart, my hart raak al veels te swaar om Orals saam met my rond te dra Ek soek êrens Om dit neer te sit En my oë My oë is al moeg getraan Ek soek Tyd om net bietjie rustig te raak En 'n Kans om Jou weer te vind Ek voel blind En ek voel so dwaas Maar tog is ek So seker van my saak Hierdie saak wat almal uit proporsie uit blaas Ek voel gelukkig Maar niemand laat my vry Niemand Behalwe jy Ek twyfel, twyfel, twyfel, terwyl ek antwoord gee op Wêreldse vrae Hulle soek antwoorde En hulle soek 'n Logiese verduideliking Maar daar's iets, ja iets, wat hulle nie verstaan Iets wat Hulle harte te bowe gaan Miskien is hulle net te veel met gewone Dinge gepla Dis veels te gewild om normaal te bly en Veels te gewild om almal om jou te vlei En te vergeet om Jou foute te bely Alles is net een groot damn cliché