Hou U My Hand

Hou U My Hand

Jan De Wet

Длительность: 3:02
Год: 1999
Скачать MP3

Текст песни

Hou U my hand
Ek is so swak, so hulp'loos
Ek waag geen tree
As U nie met my gaan

Hou U my hand
Want dan, o liewe Heiland
Val vrees vir kwaad
My nie gedurig aan

Hou U my hand
En trek my daagliks nader
Ja nader by
U self, my hoop, my al

Hou U my hand
Sodat ek nooit sal dwaal nie
En as ek struikel
Laat my tog nie val

Hou U my hand
Die pad is steil en donker
Totdat U goddelik
Lig skyn voor my oog

En as ek deur
Geloof die glans gewaarword
Dan styg 'n loflied ('n Loflied)
Uit my hart omhoog (Uit my hart omhoog)
(Omhoog)