Simson
Jan De Wet
2:19Kom ons speel en dans en sing kom ons staan nou in 'n kring Kom ons klap ons hande twee keer saam om Hom die lof te bring Kom nou sit jou voete neer of jy kan die pas maar keer Kom ons buig voor Hom en lig ons hande op om Hom te eer Kom ons vat nou hande saam as ons in 'n sirkel staan Kom ons draai nou in die rondte en ons huppel in Sy naam Laat ons sing en laat ons dans kom ons elk een kry 'n kans Ons is bly want ons is vry en ons bring lof aan Hom Dit is mos lekker om te sing En aan die Here lof te bring want Hy is die Koning van ons harte En ons behoort aan Hom Kom ons sing nou almal saam as ons in 'n sirkel staan Kom ons draai nou rondomtalie en ons huppel in Sy naam Kom nou sit jou voete neer op en af kan jy marsjeer Kom ons buig voor Hom en lig ons hande op aan Hom te eer Kom ons vat nou hande saam kom ons huppel in Sy naam Kom ons spring en draai en rondomtalie almal lekker saam Laat ons sing en laat ons dans kom ons elk een kry 'n kans Ons is bly want ons is vry en ons bring lof aan Hom Dit is mos lekker om te sing En aan die Here lof te bring want Hy is die Koning van ons harte En ons behoort aan Hom En ons behoort aan Hom