Hierdie Kind
Jan De Wet
5:20Langs die Via Dolorosa, in ou Jerusalem Keer soldate in die strate, mense weg Voor 'n man wat met 'n purperkleed, in pyn 'n houtkruis dra na Golgota Daar is wonde oor sy skouers en die bloed drup oor sy wang En 'n doringkroon sny diep in sy vel En elke keer as hy wil struikel word hy gespot, gespuug en uitgeskel Langs die Via Dolorosa die weg van smart en pyn Soos 'n Lam stap ons Koning en ons Heer Langs die Via Dolorosa stap Hy voort terwyl Hy ly In die Via Dolorosa het Sy bloed gevloei vir jou en my In die Via Dolorosa het die Heer my kruis gedra Gewillig op pad na Golgota En daar het Hy gely, gesterf en in my plek die skuld betaal Langs die Via Dolorosa die weg van smart en pyn Soos 'n Lam stap jou Koning en my Heer Langs die Via Dolorosa stap Hy voort terwyl Hy ly In die Via Dolorosa het Sy bloed gevloei vir my Elke hou wat Hy kry het ons vir Hom gegee Maar die bloed wat uit Hom vloei Het ons skuld weggevee Langs die Via Dolorosa die weg van smart en pyn Soos 'n Lam stap jou Koning en jou Heer Langs die Via Dolorosa stap Hy voort terwyl Hy ly In die Via Dolorosa het Sy bloed gevloei vir my Hhmmm... Ooohoo... Vir jou en my