Notice: file_put_contents(): Write of 635 bytes failed with errno=28 No space left on device in /www/wwwroot/muzbon.net/system/url_helper.php on line 265
Kaleidoskoop - Die Goeie | Скачать MP3 бесплатно
Die Goeie

Die Goeie

Kaleidoskoop

Альбом: Gunsteling Seisoen
Длительность: 4:34
Год: 2017
Скачать MP3

Текст песни

Stom verslae staan jy, beide arms mors af baklei
Hartseer trane wat vloei
My hart breek vir jou
Wie verstaan die lewe se uitklophou
Wie sal hieruit kan sinmaak

Die lewenspad is soms steil, soms alleen
Probeer ons breek een vir een
Ons oorweeg om terug te draai
Maar dan skep ons moed deur ons oë weer te rig op die mooiste uitsig
Van 'n sonopkoms wat teen die eindpunt wag

Hou jou oë op die goeie
Hou jou oë op die mooi
En word getransformeer deur jou gedagtes te vernuwe
Handel in wat rein is
Bly kleef aan die mooi
En word getransformeer
Deur dit wat die waarheid jou leer

Wil nie hoor dat ons land vergaan
Ek wil glo dat ons steeds kan opstaan
Dat elke mens iets goeds in sy hart saamdra
Bid dat hoop in jou oë op sal dam
Liefde weer in jou hart sal opvlam
Smeek om genesing, Suid-Afrika

'n Bitter hart sal jou wurg aan die keel, sal jou vreugde steel
Jou lewensjare verdeel
Maar deur te vergeef laat jy 'n gevangene vry
Net om later te besef die gevangene was jy

Hou jou oë op die goeie
Hou jou oë op die mooi
En word getransformeer deur jou gedagtes te vernuwe
Handel in wat rein is
Bly kleef aan die mooi
En word getransformeer
Deur dit wat die waarheid jou leer

Mag die vuur van hoop so onblusbaar in jou brandend bly
En die vlamme onbeheersd soos 'n veldbrand rondom jou versprei
Die donker nagte rondom jou verlig
En helder bly

Hou jou oë op die goeie
Hou jou oë op die mooi
En word getransformeer
Deur jou gedagtes te vernuwe
Handel in wat rein is
Bly kleef aan die mooi
En word getransformeer
Deur dit wat die waarheid jou leer

Stom verslae staan jy
Wie verstaan die lewe se uitklophou
Wie sal hieruit kan sinmaak