Notice: file_put_contents(): Write of 633 bytes failed with errno=28 No space left on device in /www/wwwroot/muzbon.net/system/url_helper.php on line 265
Kaleidoskoop - Wegbreek | Скачать MP3 бесплатно
Wegbreek

Wegbreek

Kaleidoskoop

Альбом: Gunsteling Seisoen
Длительность: 3:38
Год: 2017
Скачать MP3

Текст песни

Agter slot en grendel vasgevang
Deur die tralies van die stad bly ek na jou verlang
Daar is 'n kronkelpad waarna my hart so smag
Hierdie stofpad kronkel deur die platteland se prag

Stap ek kaalvoet deur
Die ongerepte land
Wees my mede-reisgenoot
Kom vat my hand

Sodra die son se strale deur die wolke breek
Word die gedoofde kers in my hart weer aangesteek
Soos die berge oprol om die see vir my te bring
Kan ek voel hoe die vrede my hart weer binnedring

Geroeste doringdraad deel ervare raad
Jy span jou liefde en jou hart bly vry van haat
Windpomp se kreun wat sy wysheid kom verleen
Draai van vreugde in die droogte en die reën

Stap ek kaalvoet deur die ongerepte land
Wees my mede-reisgenoot
Kom vat my hand

Sodra die son se strale deur die wolke breek
Word die gedoofde kers in my hart weer aangesteek
Soos die berge oprol om die see vir my te bring
Kan ek voel hoe die vrede my hart weer binnedring

Sodra my kaal voete teen die seesand slaan
Met net die wind wat deur my hare dans
Laatmiddag son wat warm aan my vel kom kleef
Voel ek weer ek leef

Sodra die son se strale deur die wolke breek
Word die gedoofde kers in my hart weer aangesteek
Soos die berge oprol om die see vir my te bring
Kan ek voel hoe die vrede my hart weer binnedring

Voel ek die vrede my hart weer binnedring