Balans
Klopjag
5:35Sal jy tot die been toe wees Reguit wees met my? Sal jy onverbiddelik bly Op die kortste pad tussen jou en my? En my vertel hoekom jy soms Berekend sê Jy ken my nie Hoe sal ek jou ken? As ek my nie ken nie? Ek verloën jou So opreg dat selfs die haan Kromrug, verleë vir my kraai Want so lank die son my wete buig Verstaan ek van my min Net dat ek geboë is Deel van jou boggelliefde Deel van ons gekromde gewete Ons skeel waarheid Wat vergeefs al 13 verlore bewegings Van my aanwesigheid wou verklaar En nooit aan jou binneste kon raak nie Net altyd So gee dit voor Ek is Dus die grade van die driehoek Tussen jou en my en altyd Bly onvolledig, illusie Van ons verstaan relatief Tot ons gewaande bewustheid Ek ken jou nie, maar ek weet van jou Want jy speel so dikwels in my raaisels Ek verloën jou So opreg dat selfs die haan Kromrug, verleë vir my kraai Want so lank die son my wete buig Verstaan ek van my min Net dat ek geboë is Deel van jou boggelliefde Deel van ons gekromde gewete Ons skeel waarheid Wat vergeefs al 13 verlore bewegings Van my aanwesigheid wou verklaar En nooit aan jou binneste kon raak nie Net altyd So gee dit voor Ek is