Sirkel Pad
Andre Nel
Ons wandel graag langs die rivier My dogtertjie lag van plesier Dan gooi ons saam plat klippies oor die gladde water Eendag sien ons 'n visserman Met stok en hoed en koffiekan Toe begin 'n lank gesprek tot heelwat later 'n Emmer met 'n vissie daar in So het die hele ding begin En sy kyk na my met soveel nuwe vrae Waarom kan so 'n vissie klein Nie meer by sy ouers bly? Want 'n vis se lewe duur maar hoeveel dae Vissies is maar net soos jy Swem en speel die tyd verby Voor hul weet of dit verstaan Moet hul eendag verder gaan So word dogtertjies ook groot Nou sit jy nog op my skoot Maar daar kom 'n ander tyd Dan raak ek jou 'n bietjie kwyt Sy slaan haar armpies om my been Sy sê, ek los jou nooit alleen Ons hoort saam en dit hoef nooit te verander En as ek eendag dan moet trou Wel dan wil ek net met jou Want ek hou van jou tog meer as enig ander Ek streel haar sagte, donker haar En sê jy word gou sestien jaar Voor jy weet is daar 'n jong man in jou lewe Van wie jy net soveel sal hou En miskien ook wel mee trou Net soos ek, sal hy jou liefhê met sy lewe Vissies is maar net soos jy Swem en speel die tyd verby Voor hul weet of dit verstaan Moet hul eendag verder gaan So word dogtertjies ook groot Nou sit jy nog op my skoot Maar daar kom 'n ander tyd Dan raak ek jou 'n bietjie kwyt Vissies is maar net soos jy Swem en speel die tyd verby Voor hul weet of dit verstaan Moet hul eendag verder gaan So word dogtertjies ook groot Nou sit jy nog op my skoot Maar daar kom 'n ander tyd Dan raak ek jou 'n bietjie kwyt Vissies is maar net soos jy Swem en speel die tyd verby Voor hul weet of dit verstaan Moet hul eendag verder gaan