In Die Transvaal
Piet Botha
4:06Nou kyk daar is geen verskoning Vir alles wat ons doen Doen ons maar net om iets Van die hemel te proe Sondaar sirkel en brandewyn straat Dis baie waar, veral vanaand Maar vir jou sal ek nooit vergeet Al woon jy nou In 'n huis vol spoke en geeste In 'n wit paleis En mense met spierwit klere Vir jou medisyne bring Vergeet van gister Te naby aan die donkermaan Nou kyk daar is geen verweer Geen vals eis, alles wat ons begeer Was maar altyd net, 'n kamer met son In 'n groot grys gebou Maar vir jou sal ek nooit vergeet Al woon jy nou In 'n huis vol spoke en geeste In 'n wit paleis En mense met spierwit klere Vir jou medisyne bring Vergeet van gister Te naby aan die donkermaan Cathy kom nooit weer huistoe Miskien net vir krismis of nuwejaar Moenie so baie praat nie Slaan daai kitaar