Twee Growwe Hande
Piet Smit
4:25Buite die lig van ons vuurtjie se kring Het ons in die veld 'n Koor hoor sing En skielik het 'n man ons met 'n skerp lig verblind Gesê hy bring die goeie tyding van 'n Hemelse Kind Wat vrede op aarde sou bring Vrede op aarde sou bring Bang en verbaas het ons stil opgestaan Ons bondeltjies gevat En na die stal toe gegaan Ek het stilweg getwyfel oor wat ons daar sou vind Verwondered oor die tyding van die Hemelse Kind En al wat ek nog kon hoor Was die Hemelse lied van die koor By die stal het die Kind In doeke gelê Net soos die man met die lig in die veld dit wou hê Dit was half of die kindtjie glimlag toe ek naby Hom kom En ek kniel toe uit 'n vreemde eerbied vir Hom Ek het geweet Hy was waarlik die Koning Wat waarlik die vrede sou bring Maar wie sou kon raai Terwyl Hy daar lê Wat 'n wrede einde Sy lewe sou hê Dat hierdie klein ou voetjies die kruispad sou stap En soldate wrede spykers in hierdie ou handjies sou kap En dat Hy vir ons sou moes ly En aan 'n kruis sou moes hang vir my Maar nou weet ons goed Hy't net die weg gebaan Ons weet Hy was dood Maar Hy't weer opgestaan Nou weet ons waaroor het die engele so gesing Oor die verlossing wat hierdie Kindtjie met Sy kruisdood sou bring Juig die Redder is daar Juig die Redder is daar Juig die Redder is daar