Selfondersoek (Heer, U Maak My Nuut)

Selfondersoek (Heer, U Maak My Nuut)

Piet Smit

Длительность: 4:36
Год: 1992
Скачать MP3

Текст песни

Hemel Vader kyk na my
Kyk ek sit hier by U voete
Ek wil so graag vanaand net alleen by U wees

Maar elke keer as ek stil word
En opkyk in U oë
Sien ek myself in die spieël van U Gees

Vader vul my met U krag en U genade
Want Heer ek sien 'n dof verwronge beeld
Help my om my lewe en myself so oop te breek
Dat ek diep tot binne in myself kan kyk
Help my uit genade om weer skoon en heel te word
Here help my asseblief om meer soos Jesus te lyk

Hemel Vader kyk na my
Kyk ek kniel hier by U voete
Ek wil my hele lewe en myself voor U kom lê

Maar elke keer as ek stil word
En opkyk in U oë
Dan wonder ek, is ek regtig soos U my wil hê?

Vader vul my met U krag en U genade
Want Heer ek sien 'n dof verwronge beeld
Help my in my soeke om die ware ek te ken
Ek myself deur U oë sal sien

Help my in genade om weer nederig te word
Here help my asseblief om U weer opreg te dien
Dat die hele wêreld U beeld in my sal sien

O Heer U maak my nuut
Dat ek myself weer kan aanvaar
U gee my deur geloof 'n vaste hoop

Om met 'n jubel vol van vreugde
En 'n loflied in my hart
Weer 'n nuwe pad, my God
Saam met U te loop