Wingerdloot

Wingerdloot

Piet Smit

Длительность: 5:05
Год: 1992
Скачать MP3

Текст песни

Ek voel net soos 'n wingerdloot
'n Vars jong wingerdloot wat uitspruit uit die wynstok van die lewe
Ek strek my hande op na God se lig
Soos blare na die son gerig, en ek voel 'n drang om wild en vry te groei

Maar somtyds kry ek baie seer as iemand my takke skeur en ek sukkel so om te verstaan
Hoekom ek dan so seer moet kry
Hoekom is dit dan so nag om my tot ek biddend na my Vader toe gaan

En Hy sê, dis Ek my kind
Ja dis Ek my kind
Kyk hier is die skêr nog in My hande
Ja dis Ek my kind
Wat jou so seer moet snoei
Wat jou moet buig en jou moet breek sodat jy reg kan groei

Ja dis Ek my kind
Wat net volharding vra
Want 'n loot word eers gesnoei voordat hy vrugte dra
Ja dis Ek my kind
Wat net volharding vra
Want 'n loot word eers gesnoei voordat hy vrugte dra

Ek weet ek is 'n wingerdloot
'n Stomp gesnoeide wingerdloot wat nou vas staan in die wynstok van die lewe
En ek voel die lewe in my bloed
In hierdie lewensaar gevoed, en ek weet ek groei nou onder Sy beheer

En as ek nou die seer weer voel dan weet ek dat Hy dit goed bedoel
Dis die Vader se plan vir my
As ek die seer dan by Sy voete lê wil ek biddend ook vir Hom kom sê
Hierdie liefde maak my weer bly

En hier is ek my Heer
Ja hier's ek my Heer
Kyk ek gee alles oor in U hande
Hier is ek my Heer
Ek lê my lewe neer
Kom buig my en breek my soos U wil my Heer

Want ek weet my Heer
Sodra die lente kom
Bestaan die helder lente bloeisels vol in blom
Kyk nou na my, my Heer
My bloeisels vol in blom
U ryk belofte van vrugte wat ryp sal wees
As U weer op die wolke kom