Ou Bande
Spoegwolf
3:17Original Song & Lyrics by Danie Du Toit. Music & Arrangement by Spoegwolf. Additional Verse by Albert Van Der Merwe Spoegwolf (PTY) LTD, 2024. Sal jy aan my hou As die water oral is? As ons na die see toe stroom? Ek sal ons toekomsdrome in ’n houtkis bring Ek kan niks belowe weer nie Maar ek kan sing Het jy baie verloor? Het jy baie van my donker goed gehoor? Sal jy van jou hou? As ons lewens skemer word As ons bo die water is Ek sal al die liggies op die kus vir jou ontblou Ek kan niks belowe weer nie Maar ek kan sing Het jy baie verloor? Het jy baie van my donker goed gehoor? … Saam geanker in die stroom Is ek jou boei of is jy myne Deur die branderwasmasjien Sien ek my hoop dob op die deinings Maar die strand lyk al hoe kleiner As die kuslyn ook verdwyn het Voor die sout, pyn en die sonsteek En die roes my laat verkwyn het Bly by my, net Tot die ligtoring in sig is Tot die skipbreuk aan ons rug is En jou life-jacket lig is Stay the course — Laat die dors jou gedig is Tot die vuur in jou bors Daardie source in jou terug is Saam geanker in ’n droom Sal jy my kry daar by die duine Ons kan wag vir die gety Om terug te spoel tot by die Tuine