Feëtjies In Die Reën

Feëtjies In Die Reën

Tannie Riana

Длительность: 2:58
Год: 2016
Скачать MP3

Текст песни

Diep in die Tsitsikamma woude
Dans daar nog feëtjies in die reën
Diep in die Tsitsikamma woude
Verskyn die kabouters een vir een

As die reën prinses verjaar
Kom hul almal bymekaar
Met hul reënboog rokkies aan
Om partytjie toe te gaan

Lalalalala, lalalalala
Hoor net hoe die feëtjies sing
Lalalalala, lalalalala
Reënboog liedjies in 'n kring
Lalalalala, lalalalala
Vrolike kabouter koor
As die kinders almal tjoepstil bly
Sal hul ook die liedjie hoor

Diep in die Tsitsikamma woude
Hoor jy nog soms 'n feëtjie lag
Diep in die Tsitsikamma woude
Werk die kabouters in die nag

Hulle kleur die reënboog in
Voor die reën seisoen begin
En die reënboog pot vol goud
Word bewaar hier in die woud

Lalalalala, lalalalala
Hoor net hoe die feëtjies sing
Lalalalala, lalalalala
Reënboog liedjies in 'n kring
Lalalalala, lalalalala
Vrolike kabouter koor
As die kinders almal tjoepstil bly
Sal hul ook die liedjie hoor

As die kinders almal tjoepstil bly
Sal hul ook die liedjie hoor
Lalalalala, lalalalala
Lala