Feetjieland
Carike Keuzenkamp
3:30Iemand het 'n lappop op die ashoop weg gegooi Sy was gedaan en stukkend, verbleek en nie meer mooi nie Op die ashoop hoor sy stemme praat en die verwelkom haar Maar, o, ellende toe sy kyk, wat sien die lappop daar? Net 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen 'n Grammefoonplaat en 'n kous sonder maat Net 'n leë bottel bier, 'n verlepte angelier 'n Gelapte binneband en 'n ou koerant Ag hoe droewig voel die lappop toe sy alleen daar lê Want sy weet dat niemand ooit vir haar, vir lapop meer wil hê nie 'n Traan loop oor haar lappop wang, want dit begin te reën En daar lê sy ou lapoppie, op die ashoop so alleen Net 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen 'n Grammefoonplaat en 'n kous sonder maat Net 'n leë bottel bier, 'n verlepte angelier 'n Gelapte binneband en 'n ou koerant Ag nee wat sê die lappop, ek soek 'n ander oord Wat sal die wereld van my dink, want soort jy weet, soek soort Ag almal wil vir lappop troos en soebat sy moet bly Hulle sê dis die mooiste ashoop die, wat 'n mens nog ooit kan kry Net 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen 'n Grammefoonplaat en 'n kous sonder maat Net 'n leë bottel bier, 'n verlepte angelier 'n Gelapte binneband en 'n ou koerant Al die goeters op die ashoop hou gou vergadering En besluit vir lappop te bekroon as die ashoop koningin Van toe af bly die lappoppie so trots tevrede daar En al haar onderdane bedien getrou vir haar Ja die vrot pampoen en die stukkende skoen Die grammefoonplaat en die kous sonder maat Ja die leë bottel bier, die verlepte angelier Die gelapte binneband en die ou koerant