Notice: file_put_contents(): Write of 674 bytes failed with errno=28 No space left on device in /www/wwwroot/muzbon.net/system/url_helper.php on line 265
Verskeie Kunstenaars - Die Dapper Muis | Скачать MP3 бесплатно
Die Dapper Muis

Die Dapper Muis

Verskeie Kunstenaars

Длительность: 3:27
Год: 2008
Скачать MP3

Текст песни

Ek's 'n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis
En daar's niks waarvoor ek skrik nie
Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang
Nee daar's niks waarvoor ek skrik nie

O, so, en sê nou daar's 'n kat
Oe, 'n kat
Ja, 'n kat vet en grys wat altyd hunker na 'n muis
Wel, wel o, wel, wel nou ja
Buiten vir 'n kat, is daar niks waarvoor ek skrik nie

Ek's 'n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis
En daar's niks waarvoor ek skrik nie
Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang
Nee daar's niks waarvoor ek skrik nie

En sê nou daar's 'n valletjie
Oe, 'n valletjie
Ja, 'n ding wat val met 'n gruwelike knal
O, wel nou ja
Buiten vir 'n kat en 'n valletjie
Is daar niks waarvoor ek skrik nie

Ek's 'n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis
En daar's niks waarvoor ek skrik nie
Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang
Nee daar's niks waarvoor ek skrik nie

Meneer Muis en sê nou daar's 'n uil
Oe, 'n uil
Ja, 'n uil van wie muise altyd skuil
O nou ja
Buiten 'n kat en 'n valletjie en 'n uil
Is daar niks waarvoor ek skrik nie

En wat van 'n lawaai, soos 'n haan wat kraai
En 'n gebreek en 'n gekraak en iets wat tjiep-tjiep maak
En 'n getjingel en 'n getingel en 'n gekletter en 'n geknetter
En 'n boems en 'n kardoems

'n Kardoems, o, nou ja

Buiten 'n kat vet en grys wat altyd hunker na 'n muis
En 'n ding wat val met 'n gruwelike knal
En 'n uil in die nag wat vir muise sit en wag
En 'n lelike lawaai soos 'n haan wat kraai
'n Gebreek, 'n gekraak, iets wat tjiep-tjiep maak
'n Getingel, 'n geklingel, 'n gekletter, 'n geknetter
En 'n boem en 'n kardoems
Is daar min of meer, plus minus, so te sê, is daar niks waarvoor ek skrik nie

Jy jok