Notice: file_put_contents(): Write of 722 bytes failed with errno=28 No space left on device in /www/wwwroot/muzbon.net/system/url_helper.php on line 265
Verskeie Kunstenaars - Rooi Miere | Скачать MP3 бесплатно

Текст песни

Eendag het ek per ongeluk op 'n rooimiernes gaan sit
En toe ek by myselwers kom toe dans ek die rittel-tit
Ek dog ek kon nog wegkom maar oh my liewe tyd
'n Rooimier het 'n ysterbek wat vreeslik seer kan byt
Ja 'n rooimier het 'n ysterbek wat vreeslik seer kan byt

Hulle byt my hier, hulle byt my daar, hulle byt my hot, hulle byt my naar
Hulle byt my sak so oolala, hulle byt my sommer deurmekaar
Hulle byt my rou, hulle byt my gaar, hulle byt my blou, hulle byt my naar
Hulle byt my kas, hulle byt my kleer, hulle byt my o ja elke keer

En naderhand was ek verplig om my broekie uit te trek
My hele lyf was aan die brand soos die miere met my werk
Ek vroetel hier en ek vrywe daar, ek knyp en krap en keer
Maar net soos ek nou dink dis oor dan byt die vuilgoed weer
Maar net soos ek nou dink dis oor dan byt die vuilgoed weer

Hulle byt my hier, hulle byt my daar, hulle byt my hot, hulle byt my naar
Hulle byt my sak so oolala, hulle byt my sommer deurmekaar
Hulle byt my rou, hulle byt my gaar, hulle byt my blou, hulle byt my naar
Hulle byt my kas, hulle byt my kleer, hulle byt my o ja elke keer

Somtyds in my drome voel ek weer daai miere byt
Dan vlieg ek soos 'n jetpropel uit die vere uit
En as my vroutjie vir my vra wat dan tog makeer
Dan sê ek, ag my liewe tyd die miere byt alweer
Dan sê ek, ag my liewe tyd die miere byt alweer

Hulle byt my hier, hulle byt my daar, hulle byt my hot, hulle byt my naar
Hulle byt my sak so oolala, hulle byt my sommer deurmekaar
Hulle byt my rou, hulle byt my gaar, hulle byt my blou, hulle byt my naar
Hulle byt my kas, hulle byt my kleer, hulle byt o ja elke keer