Feetjieland
Carike Keuzenkamp
3:30Wouter Kabouter had ’n blink kasteel Waar die duiwe roep en die apies speel Maar Wouter Kabouter wou ’n ryperd hê Om die plek te soek waar die son gaan lê Wouter Kabouter het ’n perd gekoop Wat trippe-trap op die langpad loop Maar die langstertperd het hom afgesmyt En Wouter Kabouter het die stof gebyt Waar slaap die son? Waar gaan hy staan? Waar is die plek waar die son ondergaan? Wouter Kabouter lê plat in die pad En hy huil hom sat dat die trane spat Maar hy kyk toe op na die riffelpad En daar kom sy maat, Kerneels die kat Kerneels die Kat wil toe sommer weet Wat die rede is vir kabouterleed En Wouter sê ek wou gaan kyk Hoe dit anderkant die berge lyk Want waar slaap die son? Waar gaan hy staan? Waar is die plek waar die son ondergaan? Die kat sê toe, jy’s baie laf man Slaan die stof van jou klere af Klim op my rug en kom ons ry Om die antwoord op jou vraag te kry Die twee trek weg dat die stof so staan Met die pad wat om die wêreld gaan Oor elke land en elke see En die son gaan mee, die son gaan mee Waar slaap die son? Waar gaan hy staan? Waar is die plek waar die son ondergaan? Hulle kom toe uit by ’n blink kasteel Waar die duiwe roep en die apies speel En daar is die nes van die son ontdek Op Wouter Kabouter se eie plek Want daar slaap die son Daar gaan hy staan Daar is die plek waar die son ondergaan