Stilweg Stil
Ddisselblom
3:13Uit hierdie Valkenburg het ek ontvlug En dink my nou aan Gordonsbaai terug Ek speel met paddavisse in 'n stroom En kerf swastikkas in rooikransboom Ek is die hond wat op die strande draf En dom alleenig teen die aandwind blaf Ek is die seevoël wat verhonger daal En dooie nagte opdis In 'n maal Die God wat jou geskep het uit die wind Sodat my smart in jou Volmaaktheid vind My lyk lê uitgespoel in wier en gras Op al die plekke Waar ons eenmaal was En in die aand by Gordonsbaai Het sy kinderlik geraai Waar die lelieblom kon wees En haar hart van pyn genees In haar soektog raak haar hand Aan die onkruid op die strand Word haar oë sag en blind Waai haar drome in die wind Hurk sy roerloos vasgerank Toegemaak deur wier en sand Hurk sy roerloos vasgerank Toegemaak deur wier en sand