Dawid & Goliat
Jan De Wet
2:20Die leeu sê vir die ander leeu, ek wonder of hy weet Waarom ek nou my lippe lek, dis om hom op te vreet Sy vingers lyk so sappig, sy wange het 'n kleur Sy ore lyk so kraakvars, mmm, sy tone het 'n geur Die leeus het hom omsingel En wou hom net verskeur Daniël besef toe hy sal hulle nooit kan keer nie Hy was skielik baie bang, sy bene was so lam Toe sê hy, ag Here help, ek weet mos dat Jy kan Daniël het in God geglo, en het gereeld gebid Toe hy by die Here pleit, toe hoor die Here dit God roep toe 'n engel en Hy sê, gaan help My kind Sluit die leeus se bekke toe, voor hulle hom verslind Die engel was soos weerlig, en skielik staan hy daar Hy wys sy vinger vir die leeus en sê, toe nou bedaar Hy haal toe 'n groot sleutel uit en sluit hul bekke toe En draai toe om en sê vir Daniël, dit was amper, sjoe Daniël was baie bly en hy het God geprys Here U is wonderlik, U het U krag gewys Jy en ek moet ook vertrou, net soos Daniël En daarom het die liedjie jou, dit alles vertel En daarom het die liedjie jou, dit alles vertel