Soos ‘N Man Van Die Woord
Jan De Wet
3:02Fetus profeet jy het dit reeds geweet Jy dans in die water as Maria tot jou nader kom Jy spring op en getuig, jy's ‘n embrio wat juig, in Elisabet het jy reeds voor Jesus neergebuig Jy is woestynkind in die barre wildernis Maar jy berei die pad vir Hom wat die ware lewe is En die klank van God se trif, Sy liefde en sy pyn Hoor ons ook in jou stem as jy roep in die woestyn Bloed neef profeet in kameelhare kleed Jy staan weer in die water as Jesus tot jou nader kom Jou vinger bewe as jy wys, jy sien reeds die paradys, daar is die Lam sê jy die Een wat die sonde weg sal neem Jy is woestynkind in die barre wildernis Maar jy berei die pad vir Hom wat die ware lewe is En die klank van God se trif, Sy liefde en Sy pyn Hoor ons ook in jou stem as jy roep in die woestyn Eenkant en alleen bou jy die pad voor Hom Wat oor die sand en klip en steen as die Verlosser kom En hier in die wildernis preek jy van vergifenis, bekeer jou laat jul doop Bekeer jul daar is hoop Jy is woestynkind in die barre wildernis Maar jy berei die pad vir Hom wat die ware lewe is En die klank van God se drif, Sy liefde en Sy pyn Hoor ons ook in jou stem as jy roep in die woestyn O roep nog ‘n keer Johannes ook in my wildernis Roep weer en weer en weer en weer tot ek soos Christus is Laat breek ook weer die water oor die akkers van my gees Sodat my hart se wildernis kan uitbreek in ‘n paradys En dat ek meer en meer soos u sal wees