Notice: file_put_contents(): Write of 621 bytes failed with errno=28 No space left on device in /www/wwwroot/muzbon.net/system/url_helper.php on line 265
Lucas Maree - Legkaart | Скачать MP3 бесплатно
Legkaart

Legkaart

Lucas Maree

Альбом: Plakboek
Длительность: 4:44
Год: 2012
Скачать MP3

Текст песни

Die raam van die legkaart is die eerste wat gebou word
En 'n wisioen word langsaam op my tafelblad ontvou
En as ek gaan volgens die dinge wat die houerdeksel sê
Gaan daar binnekort 'n meesterstuk hier op my tafel lê

Mmm die voorbeeld op die deksel is al klaar 'n grootsewerk
Die kleure lyk verriklik en die komposisie sterk
In die prent sien ek drie konings wat opgewonde wys
In die rigting van 'n ster wat bo die horison verrys

Stuk vir stuk so bou ek aan die legkaart van my lewe
Met elke stuk wat pas word nog 'n leemte ingevul
Stuk vir stuk so bou ek aan die legkaart van my lewe
Met elke nuwe stuk word nog 'n lewensdroom vervul

In die middel van die prent, is 'n palet van pastelkleure
Daar's planete en sterre van te kies en van te keur
Maar die een wat ek wil hê is die een waarna die konings kyk
Die ene wat kompleet net soos die ster van Bethlehem lyk

Stuk vir stuk so bou ek aan die legkaart van my lewe
Met elke stuk wat pas word nog 'n leemte ingevul
Stuk vir stuk so bou ek aan die legkaart van my lewe
Met elke nuwe stuk word nog 'n lewensdroom vervul

En eindelik is die legkaart dan so byna byna klaar
En maklik pas die stukkies wat nog oorbly inmekaar
Maar net een stuk is nie daar nie en dit wroeg hier in my gees
Net daardie een is weg waarop die Bethlehem ster moes wees