Victoriabaai
Lucas Maree
3:34Alleen in 'n kamer met 'n eie verhaal In stof kringe van portrette teen wit mure Klink die skim geding van mense in stomheid verdwaal Uit die flikkering van minute en van ure Die beswyming van die kamer word in stilte verslaan Deur die leemtes waar die huisraad eens gepronk het Waar seuntjies sonder sorge die weegskaalspel leer speel het Met reëls wat nuwe huurdes nooit verstaan nie Maar die soeklig streep die sonskyn, skrywe woorde teen die muur Soek 'n wysie in die waai van die wind Vir 'n liedjie vol van vreugde en sierade wat ek vind In stapels op die vloere van my hart