Heel Van Vooraf
Lucas Maree
4:57Mamma sing en baba luister Want die donker maak vir baba bang In die wiegeliedjie is daar feëtjies En die feëtjies maak vir gogga bang Baba lag as gogga raas kry Tot die slaapies dan vir baba vang En met baba diep in droomland Maak die donker steeds vir Mamma bang Pappa bring vir Mamma braaiboud As die rooiwyn soms vir Pappa vang Mamma huil en Pappa soek skuiling Want die donker maak selfs Pappa bang Pappa praat en Mamma luister En die rasies maak vir baba sang Baba huil en Mamma fluister Maar die rooiwyn gaan nog steeds sy gang En 'n motor vol vrees jaag die straat af Met 'n motor vol wraak agterna En 'n motor vol wyn word 'n motor vol pyn Waar die blou ligte flits vol genade Pappa slaap en Mamma luister Na die weerklank op die vleuels van tyd Want in baba skuil 'n vader Met 'n bottel in sy stuurkajuit