Spore In Die Sand

Spore In Die Sand

Piet Smit

Альбом: Man In Die Middel
Длительность: 3:46
Год: 2014
Скачать MP3

Текст песни

My hele lewe het ek alleen geloop
Doelloos en bang het ek rondgedwaal
Toe ek my hart aan Hom belowe het
Het my Skepper my kom haal

Toe ek my hart aan Hom belowe het
Het my Skepper my kom haal

En nou, nou loop my Skepper saam met my
Lei my soos 'n blinde aan my hand
As ek omkyk, dan sien ek agter my
Twee rye spore in die sand

As ek omkyk, dan sien ek agter my
Twee rye spore in die sand

Maar nou sê ek jou, in alle eerlikheid
Voordat jy my dalk daaroor vra
Soms loop die spore weer net 'n enkel ry
Want daar't my Skepper my gedra

Orals teen die steiltes, is daar net 'n enkel ry
Want daar't my Skepper my gedra