Tien Jaar
Spoegwolf
2:59Ek wou jou voel vanaand Ek het kerk-toe gegaan En agter my gebed gesit Onthou jy ons laaste aand? Jy’t so styf vasgehou As ek nou daaraan dink Was daar iets vêr aan jou Ek weet jy wag vir die Heer Maar Hy kruip in jou rigting weg Ek het sy reuk vergeet Ek kon Hom proe aan jou Ek is nie bang Vir hierdie mense nie Ek is hier Vir jou Ek is nie bang Vir hierdie mense nie Ek is hier Vir jou Kry my weer By die rivier Ek het als gaan soek Ek het al jou jongdae hier Tussen die klere Ek hou die handdoek op Dat jy huil en die lig wegspoel Dis net bloed, my lam Ek lê opgedam En al hierdie, eendag dalk van jou Onthou jy ons eerste aand? Jy’t my wakker gehou Met jou toekomsdroom Daardie man van jou Ek weet jy wag vir jou kans Maar dit kruip in jou ribbes weg Ek het koers verloor Ek begin van voor En is nie bang Vir hierdie mense nie Ek is hier Vir jou Ek is nie bang Vir hierdie mense nie Ek is hier Vir jou Kry my weer By die rivier Ek het als gaan soek Ek het al jou jongdae hier Tussen die klere Ek hou die handdoek op Dat jy huil en die lig wegspoel