Tien Jaar
Spoegwolf
2:59Daar is 'n loerie in die boom En 'n meisie in die stroom Ja, die middag het haar blond gemaak Daar is 'n bottel in my hand En 'n bier in my hart Ja, die middag het my swaar gemaak Kan ek jou kom sien? Ek dink ek ly My lewe lank Aan swaartekrag Daar is 'n dier in jou kyk Wat 'n skaduwee kan eet En die ruite van my skedel steel So bleik jou lig my brein Met jou lyfie gestyn Maak dit merke in my keel Kan ek jou kom sien Ek dink ek ly My lewe lank Aan swaartekrag Ek gaan jou kom sien Ek weet jy ly Ook jou lewe lank Aan swaartekrag Daar is 'n spook in die poel Wat by die stroom af spoel Ek hoor die monster van die see Ek gooi boot op die rots En my hart in my trots Wat die duine van jou hartseer Kan maar vir my kom sien Vir drink en ly Ons lewens lank Aan swaartekrag Liewe Here sien Ons almal ly Ons lewens lank Aan swaartekrag Liewe Here sien Ons almal ly Ons lewens lank Aan swaartekrag Liewe Here sien Ons almal ly Ons lewens lank Aan swaartekrag