In Die Dieretuin

In Die Dieretuin

Tannie Riana

Длительность: 2:08
Год: 2016
Скачать MP3

Текст песни

Hier is die hok waar die apies woon
Nou gaan julle lag
Enetjie swaai op en sf
Die hele liewe dag

Hier is die hok waar die hasies woon
Saggies saggies nou
Daardie een maak of hy slaap
Maar kyk hy loer vir jou

Hier is die hok waar die jakkals woon
Met sy rooibruin jas
Hy hoef dit nooit uit te trek nie
As hy dit wil was

Hier is die hok waar die bokkies woon
Kyk hoe fraai en fyn
Een is groot met horingkies
Maar ander is nog klein

Hier is die hok waar die eekhoring woon
Kyk hoe blink sy oog
En sy tikkelwolhaar stert
Die staan so met ‘n boog

Hier is die hok waar die bere woon
Hulle’s groot en sterk
Speel net heeldag met mekaar
Hulle hoef nie eers te werk