Alles Is Ok
Zinkplaat
3:50Goeie more Gemora jy het geslaag Met die verkragting van die laaste maagd Shalom Sodom hoekom is ons so dom? Hoekom is ons so onopgewasse teen jou uitlaatgasse? Ons kinders baljaar in riool plasse Boor 'n bodemlose pitsweer en dwarsdeur 'n hartseer Spuit dwelms in haar are verkrag haar voor 'n skare En goeie more Gemora jy het gewaag Om die heiligste stilte uit te daag Shalom Sodom hoekom is jy so dom? Hoekom is jy so uitgelate onversadigbare vrate? Smeer die heuning om ons monde vryf sout in ons wonde Ek hoop jou geld brand gate deur jou broek se nate Anorganise-orgasme onskuldige oase Smeer heuning op ons monde vryf sout in hul wonde En hierde sonde laat skuim om ons monde Ek lig my hoed uit die handtam net die kambroo Ek groet uit die tankwa en die bo-karoo 'n Blom uit Namakwaland 'n tieroog uit Griekwaland Kyk my in my oë en dan boor jy jou pitsweer dan verkrag jy die maagd weer