Bobotie
Ddisselblom
3:58Ek ken jou pa, en ek hoop al jou paaie draai Ook daar waar vier vêr winde waai Mag die skepe van die lewe se spore oor die sewe seë draai En daar vaar waar die hemel strepe silwer sterre saai So laat die windjie dan maar waai, waai Laat die hane in die sontjie kraai Kroontjie op die voorkop Jy’t jou pa se hoed op Soos die son se hand bo Afrika Is dit jou pa se hoed wat jy daar dra Ek ken jou pa en ek weet die wêreld is klein Die sirkels word voller en die binnekant verdwyn Mag elke môre oophand wink, vlink vere uit die hemel blou Kyk die dae bars nes grenate oop en elke pit vir jou So laat die windjie dan maar waai, waai Laat die hane in die sontjie kraai Kroontjie op die voorkop Jy’t jou pa se hoed op Soos die son se hand bo Afrika Is dit jou pa se hoed wat jy daar dra Jy’s 'n Swanepeol van Afrika Is dit jou pa se hoed wat jy daar dra So beste Henry, groetnes al om Jou pa se vriend Jantjieblom